Vervalle erfenis dansend gevier

Dit is nie net Cyril Ramaphosa se toespraak wat die verval beklemtoon nie, al het hy aangedui dat die land se standbeelde die meerderheid van die bevolking weerspieël wat daarop neerkom dat blanke erfenis in die skaduwees moet kom.

Dit is die dansende massas wat heerlik stof opskop in hulle eie oë terwyl hulle hulle die land se vervalle erfenis met ʼn riel dans  begroet.

Dit is ʼn snaakse erfenis waaroor gejuig word. Die 58 moorde per dag, die korrupsie met miljarde Rand daarby betrokke, skelms wat die Pandemie se Noodfonds besteel, bankrot entiteite wat nie sonder die blanke se belasting inkomste kan bestaan nie weens wanbestuur, en infrastruktuur wat vervalle is omdat diewe en onbekwame mense die landsbestuur op talle vlakke beheer, is alles deel van wat met die stof opskop danse gevier word.

Daarom is die Westerlinge bekommerd oor wat van die eens vooruitstrewende land gaan word as die dansende voortgaan met hulle vernielsug en afbrand van skole en ander geboue waaroor hulle nou juig terwyl die land op elke denkbare terrein kwyn…..

Ons kyk maar net na wat om ons aangaan…

Frik Stander