Veld hospitaal was nutteloos

Volgens gegewens van opposisiepartye, was die Veldhospitaal wat by Nasrec ingerig is, onderbenut en was slegs sowat 700 mense opgeneem tydens die grendel tydperk. Daarvan was meer as 600 slegs in afsondering {kwarantyn} geplaas en is nie as pasiënte beskou nie.

Die veldhospitaal wat spesiaal ingerig is om pasiente te behandel teen Covid-19 infeksie, is hoog op die prioriteitslys gewees nadat vrese ontstaan het dat die Sentraal Transvaal gebied moontlik duisende infeksie gevalle gaan kry wat nie in gewone hospitale gehuisves sal kan word nie weens die moontlikheid van oorlaaide kapasiteite.

Die totale bed kapasiteit van 1,500 is nooit ten volle benut nie, en is slegs 600 mense in kwarantyn geplaas en op 28 Augustus was daar slegs 25 pasiënte in die veldhospitaal opgeneem.

Die Nasrec veldhospitaal het R350 miljoen gekos wat volgens berekeninge beteken dat dit R500,000 per pasiënt wat behandel is, gekos het.