Uit my Kuierkombuis

Soms kry ons sommer net lus vir iets soet wat vinnig kan maak en waarvoor nie te veel duur bestanddele gebruik word nie.  ‘n Resep wat ek al baie gemaak het,  is Sjokolade en beskuitjie blokkies!  Jy kan dit selfs maak wanneer jy met vakansie gaan.

Sjokolade en beskuitjie blokkies

1 pak (200g) Mariebeskuitjies

250 g botter

500g versiersuiker (gesif)

75 ml kakao

Knippie sout

1 geklitste eier

Metode:

  1.  Breek die beskuitjies in redelik klein stukkies, maar nie fyn nie,  want dit moet steeds sigbaar wees in die voltooide sjokolade blokkie.
  2. Smelt die botter in ‘n diep kastrol en voeg die gesifte versiersuiker, kakao en knippie sout daarby.
  3. Roer die sjokolademengsel oor matige hitte tot glad.
  4. Klits die eier en meng vinnig by die sjokolademengsel terwyl dit geroer word.
  5. Verwyder die kastrol van die stoofplaat en roer die beskuitjie stukkies by die sjokolademengsel.
  6. Skep die beslag in ‘n gesmeerde vlekvrye staalbak (25cm x 20cm x 3cm) en laat dit heeltemal afkoel.
  7. Sny dit in blokkies,  skep dit versigtig uit mbv ‘n slaplemmes en berg in die yskas.

‘n Heerlike blokkie sjokolade soetigheid om saam met ‘n koppie koffie te bedien of as ‘n soetigheid na afloop van ‘n maaltyd.