Tweede pandemie vir SA moontlik

Die Minister van Gesondheid, Dr Zweli Mkhize , het gewaarsku dat baie lande van die wêreld nou in ʼn onbenydenswaardige posisie verkeer met die ontwikkeling van ʼn tweede Covid-19 pandemie.

Hy wys daarop dat so n tweede pandemie in ander lande erger beleef word as die eerste een, en Suid-Afrika moet dus paraat bly om nie in ʼn soortgelyke situasie as Brittanje beland nie.

Kenners wys op die groot gevaar van die oopstel van landsgrense, wanneer mense veral per vliegtuig na Suid-Afrika kom, en soms onwetend reeds infeksie opgedoen het en dan tussen baie ander beweeg wat die verspreiding verhaas.

Mediese dokters beveel aan dat mense nou meer versigtig moet wees as met die eerste veldtog van Vlak 5, en nooit buite die huis sonder masker te wees nie, en te alle tye die sosiale afstand van 2 meter handhaaf.

Om nou onverskillig te wees kan die land nie net duur te staan bring op finansiële gebied nie, maar ook ernstige gevolge inhou vir mense lewens.