Twee is te min

Suid-Afrika het kennis geneem van die twee groot projekte wat pas begin is en wat honderde werksgeleenthede gaan skep. Een daarvan is in die Pretoria omgewing en word genoem die :voertuig projek” wat deur Ford geïnisieer is, en die tweede is die baksteen projek van Natal wat ten noorde van Durban begin word.

Die twee projekte is prysenswaardig as die volhoubaarheid verseker kan word en korrupsie nie weer by die voordeur en agterdeur instap nie.

Die duisende werksgeleenthede wat met die twee projekte geskep word, sal help om werkloosheid teen te staan, maar dit is hoegenaamd nie genoeg om die werkloosheid wat nou die 30% verby gegaan het, te verlig nie.

Benewens die bestaande werklose mense, is daar duisende skoliere wat afstudeer en nie universiteit vrystelling sal kry nie, wat almal werk moet kry of om deel te word van die misdaad sektor.

Die groot pogings om werkloosheid te bekamp, ontbreek nog steeds, en dit is so dat die advies van deskundiges net op dowe ore val omdat die advies afkomstig is van Westerlinge wat maar ongewild bly by die regeerders van die land.

Wat die Ramaphosa regime egter gaan doen, bly ʼn raaisel wat net so groot is as die werkloosheid in die land.