Trump nomineer Regter Barrett

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het besluit om Regter Amy Comey Barrett te nomineer as lid van die regspan van die Federale Hooggeregshof.

Met die nominasie wat sterk teengestaan sal word deur die linkse Demokrate in die Senaat, kan daar vir die eerste keer in dekades n groot meerderheid Republikeinse regters in die hoogste hof wees.

Indien Barrett finaal aangewys wors, en ingehuldig sou word, sal ses van die nege regters Republikeins gesindes wees.

Die Demokratiese senatore maak beswaar teen die nominasie so kort voor die presidentsverkiesing van 3 November en meen die nominasies behoort na die verkiesing gedoen te word, maar president Trump het die argument geïgnoreer en Saterdag bekend gemaak dat hy Amy Barrett gaan nomineer.

Die Republikeine is n meerderheid in die Senaat en beskik oor drie stemme meer as die linkses, en dit word reeds as ʼn uitgemaakte saak beskou dat Barrett as die negende regter gekies sal word.