Trump genomineer vir Nobelprys

ʼn Noorweegse parlementslid het die Amerikaanse president, Donald Trump, genomineer vir die 2021 Nobelprys vir Vrede.

 Die nominasie het gekom nadat die president as makelaar en konsultant opgetree het om die normalisering van betrekkinge tussen Israel en die Emirate werklikheid te maak.

Dit is egter nie die eerste keer dat president Trump genomineer word vir ʼn Nobelprys nie, want hy is voorheen ook genomineer vir sy bydrae tot vrede in die Ethiopiese staat in Afrika.

Die Noorweegse parlementslid wys daarop dat president Trump se bydrae om vrede in die Midde-Ooste te vestig, ʼn veel groter projek was as wat algemeen aanvaar is.

Intussen word berig dat honderde nominasies reeds ingehandig is vir die Nobelprys vir Vrede, en die kanse is skraal vir enige genomineerde om wel die prys te ontvang.