Trump beveel dat regter gou aangestel word

President Donald Trump het die Republikeine beveel om onverwyld aan die werk te spring sodat ʼn regter vir die hooggeregshof aangestel word in plek van regter Ginsburg wat oorlede is.

President Trump het Saterdag gesê die Republikeine het ʼn “verpligting” om die vakature van regter in die Hooggeregshof so “gou as moontlik” te vul.

Trump het op die sosiale netwerk gesê daar rus n verantwoordelikheid op die Republikeine om diegene wat hulle verkies het se wens en begeertes na te kom, en daarom is dit belangrik om die funksie te verrig waarvoor hulle gekies is, en een daarvan is om ʼn regter aan te stel.

Deur n republikeins gesinde persoon as regter aan te stel, sal beteken dat die republikeine die meerderheid regters verteenwoordig in die federale Hooggeregshof van Amerika, iets wat Joe biden graag wou verhoed toe hy aanbeveel het dat die regter nie deur die Republikeinse meerderheid in die Senaat gekies word nie.