Trump beskuldig van belasting vermyding

Die Amerikaanse president, Donald Trump, word daarvan beskuldig dat hy vir jare voor sy verkiesing as president, weinig of geen Federale belasting betaal het nie.

Die linkse New York Times berig dat Trump slegs $750 aan Federale belasting op inkomste betaal het in 2016, die jaar waarin hy as president verkies is.

In 10 jaar van die afgelope 15 jaar tydperk het Trump geen Federale inkomste belasting betaal nie, en dit is omdat hy blykbaar verliese getoon het in sy ondernemings.

Hy is die enigste president van die VSA van die moderne hedendaagse tyd wat nie sy finansiële stand bekend gemaak het nie te midde van ʼn onderneming om dit wel te doen.

Die verwagting is dat die belasting kwessie tydens die debat deur Joe Biden geopper sal word, wat Trump se beeld skade kan berokken by die Amerikaanse kiesers, het politieke ontleders gesê.