Terrorisme kom al nader aan SA

Suid-Afrika word ʼn al groter moontlikheid as teikengebied van die Islamitiese Staat, en die jongste gebeure word stilswyend waargeneem deur die land se veiligheidsmagte.

In die afgelope week het die Islamitiese Staat twee klein eilande naby die kus van Mosambiek beset en veroorsaak spanning met die eiland bewoners en toeriste wat die gewilde vakansie eilande besoek.

Ingeligte bronne beweer dat die terroriste dieselfde patroon volg wat in die Midde-Ooste toegepas is deur n sekere gebied te oorheers en inwoners te dwing tot samewerking.

In tye van konflik word die inwoners gebruik as ʼn skerm teen moontlike geweervuur, en word die inwoners gewoonlik gestroop van hulle besittings.

Die eerste Islamitiese Staat selle is gedurende die jaar gevind aan die Oos-Rand, en die vermoede bestaan dat meer selle reeds gevestig is, wat beteken die terroriste is nie bekommerd om teen die SA Weermag te staan te kom nie.