Taxi bedryf belê in WeBuyCars

Die SA Taxi eienaars, Transaction Capital het glo ingestem om aandele op te neem in die WeBuyCars sakeonderneming, en sal 49,9% nie beheerde aandele bekom.

Gebaseer op die huidige waardes van R3,69 miljard sal die subskripsie aandele van Transaction Capital se 49,9% sowat R1,8 miljard beloop.

WeBuyCars se wins vir die afgelope boekjaar wat op 31 Maart vanjaar geëindig het, beloop R357 miljoen.

Twee jaar gelede het Naspers gepoog om ʼn 60% aandeel in die WeBuyCars maatskappy te bekom, maar die Mededinging Kommissie wou nie die transaksie goedkeur nie en beweer dat dit n aansienlike vermindering in mededinging sou beteken aangesien Naspers ook OLX en Auto Traders besit.