Taiwannese vlieëniers kry komplimente

Die president van Taiwan, Tsai Ing-wen, het haar land se Lugmag vlieëniers geloof vir die bekwame wyse waarop hulle die aggressiewe vegvliegtuie van Sjina onderskep het.

Die president het dit beskryf as die optrede “van helde wat hulle kundigheid gebruik het om reg te laat geskied” deur die uittartende optrede van Sjinese vegvliegtuie op die grens met Taiwan te stop deur die oortreders se vliegtuie te onderskep en te waarsku teen enige oortredings.

Die spanning tussen Taiwan en Sjina is aan die oplaai en het byna breekpunt bereik toe Sjinese vegvliegtuie die Taiwannese lugruim geskend het, maar wat kort daarna gestop is toe Taiwan teen die oortreders opgetree het.

Die middelpunt van die Straat van Taiwan is deur die Sjinese verby gegaan tot in Taiwanse lugruim, en die president het later besoek gebring aan die Lugmagbasis om haar dank te betuig vir die netjiese optrede teen Sjinese vliegtuie.

Die Sjinese het met die vegvliegtuie die Taiwannese regering getart terwyl ʼn hoeq afvaardiging uit Amerika die land besoek het met die doel om meer wapentuig aan Taiwan te verkoop om sy land te beveilig teen Sjinese aggressie.