Switserse hof verwerp Semenya se saak

Europese en Suid-Afrikaanse howe het telkens teen Caster Semenya uitspreek gelewer en bevind dat die besluit van die Olimpiese Spele gehandhaaf word wat bepaal dat die atleet sekere testosteroon in die liggaam moet verlaag om te mag deelneem.

Semenya het nie die hof se bevindinge aanvaar nie en aansoek gedoen vir appèl in die Hooggeregshof van Switserland.

Die Switserse hof het egter Semenya se aansoek verwerp asook die Hof van Arbitrasie vir Sport het Semenya geen simpatie gebied nie.

Die hof het bevind dat die sport strukture die reg het om te besluit watter norme moet geld as voorwaardes voor ʼn atleet mag deelneem.

Die regerende Wêreld Atletiek struktuur se regulasies vir verskille in die seksuele ontwikkeling (DSD) om aan wedlope deel te neem, moet eerbiedig word, sê kenners op die sportgebied.

Die Wêreld Atletiek het nie net vir Semenya sekere voorskrifte gegee waaraan voldoen moet word om te mag deelneem nie, maar ook verskeie ander deelnemers is onderwerp aan die reëls en regulasies.