Suid-Amerika open langste tonnel

Die Suid-Amerikaanse staat Colombia het die afgelope naweek die kontinent se langste padvervoer tonnel geopen wat na ʼn dekade se werk voltooi is.

Die Tonnel de la Linea wat 8,7 kilometer lank is het die moontlikheid geskep om voertuie veel vinniger by die belangrike hawe van Buenaventura te kom terwyl die vervoerkoste drasties daal.

Die ingenieurs en werkers is geloof vir die enorme taak om so n tonnel te bou wat groot ekonomiese voordele vir die land inhou, het die president, Ivan Duque, tydens die opening seremonie gesê.

Die tonnel wat ʼn kort pad deur die Andes gebergte is, het $270 miljoen gekos, maar die koste sal binne enkele jare verhaal kan word weens die tyd en vervoer wat gespaar sal word.