Stella Ndabeni-Abrahams van korrupsie verdink

Minister Stella Ndabeni-Abrahams het glo n amptenaar van die Poskantoor afgedank omdat die persoon met haar man sake gedoen het.

Nou moet sy voor die Integriteit Komitee verskyn omdat sy van korrupsie verdink word, sê politieke ontleders wat die vinger op die pols hou.

Minister Stella, wat die amp beklee vir die portefeulje van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë is glo heel gewillig om voor die ANC se integriteit komitee te verskyn en haar te verdedig teen die beskuldigings wat teen haar ingebring is.

Die beskuldiging is gemaak dat Minister Stella se man saketransaksie gedoen het met ʼn Poskantoor Raadslid terwyl sy die minister is.

Dier ondersoek kom nadat vele berigte in die media verskyn het oor die minister en haar man se onderskeie betrokkenheid by die Poskantoor terwyl die poswese deel van haar portefeulje is.

Die beskuldiging word ook gemaak dat die besigheidstransaksie bydrae tot die swak ekonomiese stand van die staat entiteit wat wankel op die rand van bankrotskap.