Stadige ekonomiese herstel te wagte

Oor optimisme sal onvanpas wees as die feite nie reg vertolk word in die Suid-Afrikaanse ekonomie wat tans op ʼn laagtepunt is.
Die opmerking kom van ʼn onafhanklike ekonoom in Pretoria wat daarop wys dat die ekonomie nie vinnig gaan herstel nie, want die regering beskik nie oor die vermoë om op daadwerklike wyse maatreëls en hulpmiddels in plek te kry wat groei sal stimuleer nie.
Hy sê die land het voor die pandemie getoon dat hy oor die potensiaal beskik om ʼn sterk groeikoers te handhaaf, maar die regering is klaarblyklik verblind deur ideologie wat stremmend is en gelei het tot ʼn rommel status ekonomie.
Om dus te verwag dat die geknelde ekonomie, met geknelde sakeondernemings en nywerhede, terwyl ʼn groot persentasie werkers hulle werk verloor het, nou vinnig moet herstel, is wensdenkery.
Dit gaan langer as twee jaar wees wat nodig is om net weer by die punt te kom waar die ekonomie gestaan het voor die pandemie, en dan hoop dat nuwe inisiatiewe uit die privaat sektor na vore sal kom om die ekonomie op ʼn sterk groei te kry.
Werkskepping, sterker uitvoere, en uitbreiding van infrastruktuur is dringend nodig maat kan nie uit die privaat sektor kom sonder finansiële hulp nie, want die pandemie het swaar gevat aan die beursies van sakelui en nyweraars.