Spanning tussen Duitsland en Rusland verhoog

Die spanning tussen Duitsland en Rusland is aan die oplaai oor die vergiftigde Alexei Navalny waaroor die twee lande met mekaar verskil.

Die Russiese Minister van Binnelandse Sake het laat blyk dat hy besig is met die voorbereiding van ʼn tweede versoek aan Duitsland waarin besonderhede en bewyse van die beweerde vergiftiging aangevra word.

Die Russiese minister wil ook besonderhede kry van die Duitse deskundiges wat glo die ondersoek gedoen het, en vra vir verduidelikings oor die aangeleentheid.

Navalny is volgens geneeskundiges in Duitsland vergiftig, en was in ʼn koma toe hy per vliegtuig deur Duitsland na Berlyn geneem is om in Europa se beste hospitaal versorg en behandel te word.

Intussen het die Duitse owerhede nog geen amptelike reaksie gehad op die Russiese eise nie, maar die VSA het in die Verenigde Nasies gewaarsku dat optrede teen Rusland oorweging geniet.