Spaanse Katalonië fokus op vryheid

As Europa of die Spaanse regering gedink het die Kataloniërs in die noordelike deel van Spanje het hulle vryheid strewe laat vaar, slaan hulle die bal mis.

Anders as in die verlede, dra die pro-onafhanklikheid  Kataloniërs maskers en vergader in kleiner getalle weens die pandemie, terwyl hulle sosiale afstand handhaaf, maar hulle neem deel aan die verset optogte waarin hulle vryheid as onafhanklike staat geëis word.

Van die organisasies het egter met streng dissiplines wat gehandhaaf is, sowat 60,000 mense laat deelneem aan n optog wat opspraak verwek het in die land.

Die optog wat Vrydag in die deelstaat Katalonië gehou is,  was gereel in die streek met die besondere dag wat tradisioneel ʼn vakansiedag is waar duisende mense aan deelgeneem het te midde van die beperkende faktore van die koronavirus pandemie wat die land swaar getref het.

Die Kataloniërs herdenk die dag in 1714, toe die streek en sy hoofstad Barcelona onder Spaanse bewind geplaas is en steeds deur die Spaanse regering beheer word.