Sowat 1,5 miljoen nou ook werkloos

Benewens die groot aantal werklose mense in Suid-Afrika, het daar nou ʼn bykomende 1,5 miljoen ook werkloos geword en is die staat se werkloosheidsversekering onder druk ok almal van ʼn geringe inkomste te verseker.

 Die toedrag van sake veroorsaak dat die land se sukkelende ekonomie nie gou op dreef sal kom nie, sê die deskundiges op finansiële gebied.

Die inkomste wat deur 1,5 miljoen werkers verkry word, bring ʼn aansienlike bydrae tot die staatskas in terme van inkomstebelasting en koopbelasting.

ʼn Daling van sowat R750 miljoen aan belasting wat deur een maatskappy betaal sou word, is ʼn aanduiding van wat die uitdagings is wat te bowe gekom moet word met werkskepping en opbou van nuwe sakeondernemings in plek van die honderde ondernemings wat hulle deure moes sluit weens die pandemie.

Intussen moet die staat fondse beskikbaar hou om die werklose mense te help, en dit tap die staatskas nog verder terwyl dit geen moontlikheid bied van ekonomiese groei in die land se ekonomie nie.