Sjina maak ruimtevaart deurbraak

Die Sjinese ruimtevaart program het ʼn nuwe mylpaal bereik toe hulle na bewering daarin geslaag het om in geheimhouding n lansering en terug aarde toe landing kon doen sonder enige haakplekke.

Die projek is begin en tot die einde waar die ruimte satelliet terug op die aarde kon land, sonder enige kommentaar of foto’s of video opnames gemoniteer  word.

Dit is die eerste keer dat Sjina daarin kon slaag om ook die ruimtevaart satelliet kon lanseer om enkele dae later terug te bring na die aarde vir n suksesvolle landing.

Dit isd die tweede land wat van die metode gebruik maak om die koste van ruimtevaart drasties te verminder deur dieselfde toerusting weer te gebruik om n volgende lansering te doen.

Die Suid-Afrikaans gebore ruimtevaart tegnoloog, Elon Musk, was die eerste om met sy SpaceX daaroin te slaag om die gelanseerde vuurpyl weer terug te bring na die aarde vir hergebruik.

Die kommunistiese regering het die prestasie beskryf as ʼn belangrike deurbraak vir Sjina se ruimtevaart program wat nou aansienlik meer ekonomies uitgevoer kan word.