Sjina en Indië beëindig grens geskil

Wang Yi 

Beide Indië en Sjina se Ministers van Buitelandse Sake het gese dat hulle ooreengekom het om alles moontlik te doen om die grensgeskil tussen die twee lande te beëindig.

Om konflik te voorkom, het beide ministers  ingestem om hulle troepe so vinnig moontlik te onttrek van die grensgebied, het die ministers in ʼn gesamentlike verklaring gesê.

Ministers S. Jaishankar van Indië en Wang Yi van Sjina was albei in Moskou vir ʼn internasionale konferensie, en het tyd ingeruim om mekaar te ontmoet oor die grens geskil.

Die geskil wat reeds etlike jare duur, het ʼn gevaarlike stadium bereik toe beide lande troepe na die grens gestuur het, en vrees het ontstaan dat een verkeerde stap kon lei tot n algehele oorlog situasie.

Die twee ministers sê die geskil sal bygelê word want die huidige situasie is nie in belang van enige van die twee lande nie.