SASSA aansoeke aanlyn gedoen

Die SA Sosiale Veiligheid Agentskap (SASSA) het ʼn aanlyn stelsel bekend gestel wat nuwe aansoekers vir sosiale hulp kan gebruik om die lang toue van wagtende mense te vermy.

Volgens SASSA is die stelsel Maandag in werking gestel om aansoekers vinniger te help, maar dit sal voorlopig slegs ten opsigte van Kindersorg, Bejaarde Pensioene, en Kinders-aannemings van toepassing wees.

Die entiteit sê die nuwe reëling wat lankal nodig was, sal ʼn groot verligting bring vir nuwe aansoekers wat in lang toue moet wag, om dan die volgende dag weer terug te gaan omdat almal nie gehelp kon word op ʼn eerste besoek nie.

Die regering sê die nuwe metode sal ook ʼn bydrae lewer om moontlike infeksies van die koronavirus te verminder, en bied die voordeel dat oumense nie vir dae lank moet staan en wag om geholpe te raak nie.

Kenners het egter die kommer uitgespreek dat die aanlyn aansoeke weereens korrupsie moontlikhede het indien die kontroles nie waterdig genoeg is nie.

Die entiteit het egter gesê dat dokumentasie van aansoekers gevra kan word om te dien as bewysstukke vir wie die aansoeker is.