SAL redery sal nie gelikwideer word

Die Departement van Openbare Ondernemings het bevestig dat die ANC regering nie daarin belangstel om SAL te likwideer weens finansiële toestande van die entiteit nie.

Die regering het in die lig daarvan samesprekings gevoer met die sake reddings praktisyn en finale reëlings getref wat insluit die betaling van R10,5 miljard om die voortgang van SAL te bevorder.

Die regering sal in die verband, ʼn spesiale aankondiging maak en sal dit vervat in die Wysigingswetsontwerp wat eersdaags aan die parlement voorgelê sal word.

Vroeër het die ANC daarop aangedring dat skuldeisers saam met die regering moet stem om SAL te likwideer, maar die skuldeisers het nie gehoor gegee aan die vreemde versoek nie.

Die regering sê die herstrukturering van die entiteit is besig om te gebeur, en dit gaan SAL weer op sy eie bene laat staan sonder finansiële hulp van die regering, is gesê.