SAL Kry Miljarde Rand by Regering

Die SAL redding praktisyn Siviwe Dongwana het bevestig dat die bedrag van R10,5 miljard in ontvangs geneem is vir die verdere ontwikkeling om die redery staande te hou.

Die befondsing kom van die regering wat onderneem het om die bedrag beskikbaar te stel, alhoewel aanvanklik gesê is die regering gee nie verder geld aan entiteite van die staat nie omdat daar nie meer fondse beskikbaar is nie.

Dit is onbekend waar die regering die meer as R10 miljard vandaan gehaal het om die bankrot redery in die lug te hou.

Die reuse bedrag is oorbetaal nadat ʼn vergadering gehou is die afgelope Vrydag om die finale besluite te neem oor die lugredery se toekoms met die sake redding span wat aan die stuur is.

ʼn Beroep is gedoen op krediteure en personeel om geduldig te wees met betalings wat gemaak moet word, en gee die versekering dat alle betalings uiteindelik gemaak sal word terwyl personeel hulle werk goed verrig.