SAL kort miljarde om voort te gaan

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) benodig dringend ʼn groot som geld om voort te gaan, sê die woordvoerders van die entiteit se sake redding span.

Die SAL het glo ʼn kort termyn befondsing nodig wat die regering beskikbaar moet stel teen die einde van die week sodat die entiteit staande kan bly en om sy verpligtinge na te kom.

Die redding span sê daar is kort-, medium, en langtermyn befondsing nodig wat in totaal sowat R9,3 miljard beloop.

Al die fondse is glo nodig  soos wat aan die begin van die redding aksie ooreengekom is en die reddings praktyk sê die kort termyn bedrag is nog nie beskikbaar gestel deur die regering nie.,

ʼn Woordvoerder sê daar is vele kere probeer om die regering te kontak sodat die voortgang verseker is, maar die fondse is nog nie ontvang nie.