SA virus status soos op 17 September

Die besonderhede vir vandag was nog nie beskikbaar met die ter perse gaan van die berig nie, maar dit bied ʼn oorsig van wat die status op 17 September was.

Die aantal mense getoets, raak aan die 4 miljoen, en die positiewe gevalle se totaal staan op 655,572 waarvan 585,303 reeds herstel het. Dit beteken dat daar minder as 71,000 mense met infeksie in die land is.

Die totale aantal sterfgevalle is 15,772 en 2128 nuwe infeksies is vir die 24 uur tydperk aangemeld.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie het Suid-Afrika gelukgewens met sy optrede om die pandemie se uitwerking te bekamp, en het dit goed gevind dat die maatreëls verslap word na Vlak 1 maar gewaarsku dat dit die ruimte laat vir ʼn tweede pandemie.