SA gaan sukkel om te herstel

Onder vordering van belastings, groot en uitgerekte subsidie, ʼn stagnerende ekonomiese groei, belasting wat ontduik word, korrupsie, die resessie en die massiewe staatskuld wat soos n swaard oor SA hang, is alles faktore wat veroorsaak dat die land gaan sukkel om te herstel van die Covid pandemie se invloed.

Dit is egter nie net die pandemie wat vir die insinking gesorg het nmie, want lank voor die uitbreking was rommel status reeds op die voordeur drumpel.

Ekonome voorspel dat Suid-Afrika sowat R3,5 triljoen gaan benodig om uit al die gemors te kom, en dit gaan nie gou genereer word uit die sukkelende ekonomie nie.

Met die invordering van belasting wat 20% laer is as voorheen, is daar reeds ʼn agterstand wat veroorsaak dat terugbetaling van skulde bemoeilik word.

Sakeondernemings wat staande gebly het, spartel om te herstel, veral omdat minder klandisie kan ondersteun weens die werkloosheid wat baie mense geraak het.

Om skulde terug te betaal terwyl die staat se inkomste met 20% verminder het by die belasting kantoor, word ʼn uitdaging wat nie maklik oorbrug word nie, sê die ekonomiese persoonlikhede.