SA en die fiskale afgrond – halwe waarhede ontbloot

Gedurende die laaste weke van Augustus het ʼn betreklik insiggewende ontledende artikels die rondte gedoen in die SA pers.

Die eerste het gehandel met die sogenaamde “fiskale afgrond”, die tweede met die klaarblyklike teleurstelling van miljoene met die belofte van die nuwe SA.

Die ontleding is baie akkuraat, maar met een sentrale mistasting wat die media volhardend verdoesel:

SA het tydens die era 2 Februarie 1990 – 27 April 1994 geheel oor die afgrond van kommunistiese oglokrasie gestort – mislukking is ʼn historiese feit, nie ʼn dreigende gebeurtenis (wat nog vermy kan word nie).

Die verwoestende resultaat het net stadiger ontvou …

drie eeue van ontwikkeling was ‘n valskerm, wat bloot die val gerem het …

Wat nou gebeur, is dat die publiek TE LAAT besef dat vir 26 jaar het die politici, die hoofstroom media en sogenaamde “groot besigheid” daardie valskerm konsekwent geplunder om hulleself verryk …

want hulle het geweet die leuen van “demokrasie” het ʼn onvermydelike vervaldatum!

Die werklike tragedies:

die antwoorde was eenvoudig – konfederale selfbeskikking en de-politisering van die ekonomie.

(maar dan sou mense besef dat party-politiek was (en ís) die kanker in ons samelewing, politici is parasiete wat teer op ons samelewing –  nooit deel van die oplossing nie …)

Boweal was die waarskuwings duidelik sigbaar – maar is deur die “verligte’s” afgemaak.

Dieselfde waarskuwings waarvan die geskiedenis van Afrika keer op keer op keer leer.

Die media se verdere aandrang dat die droom “teleurgestel” het, bou voort op die leuens.

Wat in haat ontwerp en met onreg aanmense opgedwing word as ʼn “oplossing” kan nooit teleurstel nie – veral nie indien die “teleurgesteldes” self die bron van die haat en aktiewe ondersteuners van die onreg is nie!