Russe hou tussenverkiesings

Die Russiese kiesers in sekere streke het verkiesings gehad en sommige gebiede het tussenverkiesings gehou vir aanwysing van nasionale parlementslede.

Die span in die verkiesingsveldtog van die vergiftigde Alexei Navalny het ʼn beroep gedoen op kiesers om die sterkste kandidaat teen president Poetin, en sy regerende party, te steun by die stembus.

Die regerende Verenigde Russiese party van President Poetin het reeds in verskeie plaaslike verkiesings van die afgelope naweek oorwinnings gehad, maar het ook in verskeie gebiede gesien dat die steun vir Poetin afgeneem het.

Hierteenoor het die steun vir die opposisie kandidaat, Alexei Navalny n skerp styging getoon in meer as ʼn dosyn kiesafdelings van sowat 85 streke.

Die stemming van die naweek word gesien as n aanwyser van wat in die 2021 verkiesing verwag kan word, en met die dramatiese steun wat Navalny in Siberië gekry het kan aansienlike veranderings in die magsposisie verwag word.