Rusland bied hulp aan Belarus president

Die Russiese president, Vladimir Poetin, het sy kaarte goed gespeel om betrekkinge met die Belarus president te versterk deur geld en militêre hulp aan te bied.

Rusland bied ʼn massiewe lening aan Belarus se president, Alexandar Lukashenko, en behou daarmee die goeie gesindheid wat tussen die twee lande bestaan.

Na afloop van die samesprekings in die Sochi Reservaat het die president van Belarus bevestig dat die twee lande weer gesamentlike militêre oefeninge sal voortsit soos voorheen.

President Poetin het onderneem om ʼn lening van $1,5 miljard toe te staan aan sy buurland en gesê Rusland staan by Alexandar Lukashenko wat die land se grondwetlike hervormings beplan.

Poetin het die hervormings planne van Lukashenko beskryf as “logies, tydig en deurdagte” handelinge wat beslis Rusland se steun sal geniet.