Rugby spelers deel kos uit

Rugbyspelers van die verskillende provinsies het die afgelope naweek ook bydraes gelewer aan die sogenaamde agtergeblewenes in die land toe hulle kospakkies uitgedeel het.

Die kospakkies wat bedoel is vir mense wat onder gewone omstandighede swaar kry, en met die pandemie in uiters moeilike omstandighede lewe, is gehelp.

Die Blou Bulle, die Haaie, die WP Stormers en die Leeus het aan die projek deelgeneem. Dit is die vier  spanne wat Saterdag hulle eerste wedstryde gespeel het na maande van inperking, en het daarna die kos uitgedeel aan arm families in die Pretoria omgewing.

Die uitdeel van kospakkies by Loftus was moontlik gemaak met Checkers wat pakkies ten bedrae van sowat R330,000 kon oorhandig.

Die kospakkies is saamgestel uit sakkies aartappels, uie, rys, tematies, brood, kookolie, suiker, botter, pasta en ander kleiner items.

Onafhanklike organisasies is glo betrek om die arm families te identifiseer en die kospakkies aan hulle te oorhandig.