Rooi bende kan vervolg word

Die rooi bende van Malema kan vervolg word vir hulle barbaarse optrede teen die Clicks winkelgroep vir die groot skade wat aangerig is tydens die verset optrede van Maandag.

Regslui is van mening dat die bende nie die reg in eie hande kon neem om die eiendom van die winkelgroep te beskadig nie, en behoort vervolg te word.

Ingeligte bronne sê die bende se barbaarse gedrag moes deur die polisie beëindig gewees het, maar dit is duidelik dat diegene wat wet en orde moet handhaaf, verkies om toeskouer te wees.

Talle winkels van Clicks het gesluit uit vrees vir skade, maar daar is ook talle wat deur die bende beskadig is, en voorraad in die winkels is van rakke afgegooi terwyl dansende bendelede tot ontsteltenis van kliënte die perseel beset het.

Waarnemers is van mening dat iemand ʼn klag teen die optrede moet lê aangesien dit n kriminele daad is om ander se goed te beskadig.

Die bende se optrede kom nadat Clicks op sy webblad verwys het na die verskil tussen swartes en wittes se hare.