Regse AFD woordvoerder afgedank

Die regse politieke party in Duitsland, Alternatief vir Duitsland, het een van sy mees senior lede uit die party geskors nadat hy onaanvaarbare uitlatings gemaak het teen die immigrante wat die land binnekom.

Christian Lüth het glo gesê Duitsland behoort meer immigrante in die land toe te laat, want dit is tot voordeel van die AFD en het bygevoeg dat die party kan hulle altyd skiet of met gas laat omkom.

Die party het Christian Lüth summier afgedank en iemand anders in sy plek aangewys as die amptelike woordvoerder, ʼn amp wat hy vir etlike jare beklee het.

Volgens die Duitse blad, Zeit, het Christian Lüth gepraat van :skie ten vergas” van die immigrante, wat sterk herinner aan die beskuldigings wat teen die destydse Duitse leier, Adolf Hitler, gemaak is.

Alexander Gauland, mede-leier van die Alternatief vir Duitsland (AFD), het daarna in ʼn verklaring gesê die uitlatings is onaanvaarbaar en in stryd met die strewe van die party, en daarom is hy sonder enige verdere ondersoek afgedank.