Regering skep “Ekonomiese Sone”

Die grondwerk het begin in die Pretoria Metro gebied met die skep van ʼn sogenaamde Motorvoertuig Spesiale Ekonomiese Sone in die Pretoria Metro gebied bekend as Tshwane.

Die projek wat nagenoeg R3,5 miljard beloop, sal glo werksgeleenthede bied aan meer as 9,000 mense en is blykbaar n regering ondersteunende inisiatief.

Met die grondwerk wat begin is, word verwag dat die oprigting van die infrastruktuur ietwat later in aanvang sal neem wat deur die regering beskou word as ʼn wêreld gehalte ontwikkelings projek om deel te vorm van die “transformasie” beleid om groei en ontwikkeling te bevorder.

David Makhura, die Gauteng se premier, sê dit is ʼn eerste van sy soort vir Suid-Afrika waar ʼn motorvoertuig stad gevestig word, en is ook ʼn eerste vir Afrika.

Die ontwerp is sodanig dat dit woongebiede insluit by die area van ekonomiese aktiwiteite, en die regering beweer dat die sone ook met talle beleggers se bydraes opgerig word.

“Die provinsie sal nooit weer dieselfde wees nie”, het die premier gesê.