Ramaphosa gee oorsig oor pandemie uitgawes

Die ANC president en sy kabinet het so gefokus op lewensredding tydens die pandemie, dat ekonomiese werklikhede op die agtergrond gebly het, maar nou wil president Ramaphosa die ekonomie herstel.

In sy verklaring sê Ramaphosa dat die R500 miljard Noodfonds wat verligting moes bring vir werklose mense en maatskappye, het voorkom dat die slegste omstandighede die inwoners tref.

Meer as R400 miljard is uitbetaal aan meer as vier miljoen werkers wat werkloos geraak het, en is via die Werkloosheid Versekeringsfonds gedoen.

ʼn Totaal van R25 miljard is uitbetaal aan sosiale toelaes terwyl belastings verlaag is van R70 miljard ten einde dit makliker te maak vir mense wie se inkomste verminder het.,

Kenners wys daarop dat die uitgawes nie reflekteer hoeveel miljoene uitbetaal is aan persone of instansies wat nie kwalifiseer nie, en wat as korrupsie gesien word.