RADIO MAJUBA kom tot stand

Te midde van die Corona-virus, erge ekonomiese terugslae, talle en verskeie hindernisse wat oorkom moes word, nou ook beurtkrag en selfs ‘n virus op Radio Majuba se rekenaar, het die stigters groep voortgegaan om die nuwe internet radio te begin, deur te druk en is tans baie besig om dit behoorlik te vestig. Dit was nie maklik nie, want daar is in dié tyd hoofsaaklik van geld skenkings gebruik gemaak van goedgesinde en meelewende mense. Radio Majuba is reeds op die lug, maar die uitgebreide program skedule en toevoegings sal ook algaande aangekondig word. Ons kan egter bekend maak dat van DV 5 Oktober sal daar al heelwat programme uitgesaai word. Intussen word daar tans elke dag om 6.30nm interessante brokkies in datum volgorde al aangebied. (Program tye sal mettertyd aan belangstellendes bekendgemaak word.)

Die gedagte om ‘n internet radio te begin en so die tegnologie in te span, is omdat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) nie aan nog ‘n Afrikaanse radiostasie ‘n lisensie sou toeken nie – dit het navorsing bevestig. Verder is Okosa se voorwaardes nie vir die stigters aanvaarbaar nie. Dit is ook goedkoper en ‘n gewilde nuwe manier om uit te saai.

Radio Majuba is in Desember 2019 gestig as ‘n volksgerigte nie-politiese radio, maar wat hom daarop toelê vir Afrikaans, volkseie kultuur, godsdiens en mooi musiek. Kundiges is betrek en soos die radio gaan groei, sal hulle ingespan word in programme wat met bg sake verband hou….die leuse is nie verniet: “Welkom Tuis” nie (want dis ons eie!). Daar is bevind dat daar ‘n behoefte vir sodanige radiodiens is en mense is opgewonde oor die radio en diegene wat tans nie die gewone internet geriewe het nie (rekenaar en/of slim fone), gaan glo planne maak om wel in te skakel. *Kyk onder

Die hoofgedagte as hoof prioriteit is om “ons mense” weer te bereik, te motiveer en te onderskraag. So is bv ‘n werkskepping program in gedagte, veral nou in die tyd waar dit duidelik blyk dat die ANC-regering hom toespits vir werksgeleentheid vir hulle eie mense en die Blankes uitgedruk word.

Verder: weens die feit daar nie meer by sommige skole “ons” geskiedenis aangebied word nie, gaan dit op ‘n lewendige manier vir ons kinders op Radio Majuba gedoen word. Ons kinders moet weet van hul erfenis.

‘n Groot doel is ook om weer mooi musiek vir luisteraars aan te bied – Afrikaans, Engels, ons stamlande en selfs vir die jongmense goeie, gesonde musiek te verskaf. Verdere besonderhede sal mettertyd aangekondig word.

Die stigters is Johannes van den Berg, Theuns de Wet, Paul Joubert en Betsie Steyn.