Privaat sektor kan krag krisis oplos

Minister Gwede Mantashe het aangekondig dat 11,800 MW elektrisiteit wat opgewek sal word deur buite instansies, die krag krisis kan verlig.

Al die krag wat opgewek sal word deur die instansies, sal direk aan Eskom gelewer word, en die onafhanklike krag produsente sal dus geen verpligting rakende bemarking nodig vind nie.

Die Minister van Energie sê die projek ressorteer onder die Elektrisiteit Regulasies Wet wat glo Vrydag van krag geword het.

Waarnemers het in reaksie daarop gesê die aankondiging is verblydend, maar is verbaas dat die ANC regime vir jare geweier het om toe te laat dat ander instansies as Eskom krag opwek om die krisis af te weer.

Die 11,800 MW sal help om beurtkrag te verminder, en sakelui reken meer instansies moet betrokke raak by die projek, maar waarsku dat die onvoorspelbaarheid van die regering se optrede ʼn skielike einde aan die projek kan beteken, wat rampspoedig sal wees vir die ondernemings.

Die aankondiging is egter voortydig deur die minister gemaak, aangesien die ondernemers eers in 2022 gereed sal wees om krag aan Eskom te lewer.