Postbank mik na volle diens

Die regerende party is angstig om sy eerste staatsbeheerde bank te vestig wat ʼn volledige pakket van dienste kan lewer.

Ingeligte bronne beweer dat Postbank versoek is dat hy sy aansoek om die status te bereik, moet verhaas en in handig by die SA Reserwebank om geregistreer te word.

Die ANC verkeer glo onder groot druk van sy alliansie vennoot, die kommunistiese SAKP, wat daarna streef om die Reserwebank te nasionaliseer en so veel as moontlik entiteite onder staatsbeheer te vestig.

Die mening is uitgespreek dat Suid-Afrika onlangs die ondergang van n handelsbank gesien het weens die krupsies wat ondervind is, en is daar ook verwys na die vele entiteite onder staatsbeheer wat almal finansieel sukkelend is soos Eskom, Denel, Prasa, Poskantoor, SAL en talle ander.

Die verwagting is dat Postbank se aansoek gou goedgekeur sal word, en daarmee die eerste staatsbeheerde bank word wat waarskynlik sal groei op die sentimente van swart bevoordeelde instansies en die menige bankrot munisipaliteite wat n heenkome sal vind weg van die tradisionele handelsbanke wat as “blanke instellings” gesien word.