Polisie kry gelukskoot met dief

Die polisie het in die Oos-Kaap ʼn geluk getref toe ʼn dief vasgetrek is weens ʼn hele reeks inbrake by poskantore waarby duisende Rand gesteel is.

Die deurbraak was egter nie die einde van die sukses nie, want tydens sl die ondersoeke is daar toe vasgestel dat hy ook ʼn sleutelfiguur is van ʼn sindikaat wat die boere se vee steel en hulle groot skade berokken het.

Die skurk het by sowat 13 poskantoor inbrake meer as R8 miljoen weggedra, en die geld is feitlik alles deel van die Covid Noodfonds wat hulpbehoewende mense moes kry.

Die deurbraak het gekom toe hy R700,000 by die poskantoor op Dordrecht gesteel het en die bestuurder van die motor waarmee weggejaag moes word, voorgekeer is.

Inligting het die veediefstal eenheid bereik dat die man oor skape verdink word wat in sy besit is, en is boere gevra om te gaan kyk of die diere nie moontlik van hulle eiendom is nie.

Pieter Cloete van die Dordrecht distrik het dadelik sy diere se merk aan die skape se ore erken en toe is die saak gewen teen die man wat baie boere, en die staat, miljoene Rand se skade berokken het,

Van die skape in die dief se besit was ernstig verwaarloos, en daar is wat brandsiek opgedoen het en nie behandel is nie, wat die dierebeskerming vereniging laat toetree het en ook n klag van mishandeling teen hom ingedien het.