Polisie brutaliteit is wêreld probleem

Die optrede van polisie word ʼn wêreldwye probleem en die brutaliteit is  so erg dat ʼn internasionale konferensie nodig geword het om die euwel te beëindig.

Die brutale optrede van polisie het skerp onder die soeklig gekom in die afgelope maande toe ʼn polisiebeampte die dood van ʼn misdadiger veroorsaak het deur met sy knie op die slagoffer se nek te druk.

Daarna het die Afro-Amerikaanse inwoners met gewelddadige optogte begin en in verskeie lande is standbeelde en gedenkstene omgegooi.

Daarna het minstens nog vier mense omgekom weens die optrede van polisie in verskeie Amerikaanse deelstate.

In Suid-Afrika is ʼn soortgelyke situasie waar swart polisiebeamptes nie huiwer om gewelddadig op te tree teen oortreders nie, en is daar in die afgelope twee weke minstens drie mense gedood deur polisie wat lewendige ammunisie gebruik het.

Die polisie in Belarus het tientalle mense van die amptelike opposisie partye gewelddadig gearresteer en in gevangenisse verder mishandel.

Selfs in Hong Kong, met die nuwe veiligheidswet wat deur Sjina afgedwing is, het polisie nou meer mag, en huiwer nie om brutaal oip te tree teen die pro-demokratiese beweging se ondersteuners nie.

Duitsland, Brittanje en Frankryk is saam met verskeie ander lande in verset teen polisie brutaliteit, en is die probleem nou veel erger as wat erken word deur die politici van die wêreld.