Ontevredenheid oor Alkohol maatreël

Groot ontevredenheid heers in die geledere van die alkohol bedryf oor die regering se maatreël wat bepaal dat verkope van drank verbied word oor naweke.

Die sakelui beskou die maatreël as diskriminerend aangesien dit vir hulle geen sin maak dat alkohol nie gedurende naweke verkoop mag word nie.

Ingeligte bronne wys daarop dat alkoholiese drank se verkope skerp toeneem gedurende naweke wanneer baie mense nie werk nie, en dit word as enigste rede gesien waarom Vlak 1 se nuwe maatreëls die verbod toepas.

Beswaar is ook geopper oor die verkoop tye gedurende weeksdae, wat van Maandag toegepas word. Drankwinkels mag van 9 vm tot 5 nm hulle deure oophou maar “na ure” word nie toegelaat nie.

Die sakelui wys daarop dat restaurante en kroeë toegelaat word om na ure sake te doen, en sê hulle verstaan nie die rede waarom drankwinkels ingeperk word nie.

Minister Dlamini-Zuma sê die regering het die beperking ingestel om te verseker dat die foute van die verlede nie herhaal word nie, en dat die verkoop van drank nie eensklaps vrylik toegelaat word wat tot vergrype kan lei nie. Die verkoop tye word daarom geleidelik verslap, het die minister gesê/