Ondersoek na Staat kaping gaan voort

Hoofregter Raymond Zondo het glo nou sy voet neergesit en geeis dat die voormalige ANC president, Jacob Zuma, wel sal opdaag by die ondervraging oor staat kaping.

Zondo het laat blyk dat hy nou vas van plan is om ʼn einde te maak aan Zuma se streke om elke keer jakkalsdraaie te maak om nie in die hof, of by die verhoor op te daag nie.

Zuma het reeds verskeie kere daarin geslaag om datums vir sake verskuif te kry omdat hy of siek is, of te oud is, of te besig is om die datums te aanvaar en sy opwagting te maak.

Die oud-president moes Maandag voor die Zondo Kommissie verskyn het, maar sy prokureur het laat weet dat hy nie teenwoordig kan wees nie want hy moet voorbereidings doen vir die hofsaak oor die korrupsie met wapen aankope.