Onderlinge stryd

Die onderlinge stryd tussen faksies, groepe en volke is steeds aan die orde van die dag in Suid-Afrika, en die magte se spel om mekaar te oorwin bly aktueel al wil niemand erken wat werklik gaande is nie.

Die ANC is in verskeie faksies opgedeel wat wissel van die korrupte segment tot diegene wat as SAKP binne die partystrukture besig is om hulleself te probeer posisioneer.

Die uitdagende optrede van Ace Magashule om n afvaardiging te lei na Zimbabwe, en sonder toestemming by enige iemand, in die Weermag se vliegtuig daarheen te reis, is om die minste te sê, ʼn arrogante uitdaging teen sy president, Cryril Ramaphosa.

Dit is egter nie die enigste aanslag op die leierskap van die president nie, maar die tydelike oorwinning van Ramaphosa oor die korrupte faksie het teenreaksie gehad met die Zimbabwe besoek. Tog het Ramaphosa se dreigende houding van ek gee 2 dae tyd” om n verslag te oorhandig oor die Zim-besoek en dit met die Weermag vliegtuig.

Die onwettigheid van die vliegtuig se gebruik, en die oortreding van die inperkings maatreëls het tot hede nie veel impak gemaak nie, wat die wenners van die tweede rondte, aan die korrupte faksie toegereken word.

Die onderlinge stryd is nog lank nie verby nie, en die opbou na die verkiesing is nog in die begin stadium, maar diegene wat die Zuma vrou as toekomstige president verkies, is heel moontlik diegene wat vervolging oor korrupsie wil ontduik – maar dit gaan ʼn ingewikkelde stryd word van faksie teenoor faksie teenoor faksie…..