Old Mutual wys verlies weens virus

Een van Suid-Afrika se voorste versekerings maatskappye, Old Mutual, het vanjaar n enorme finansiële verlies getoon weens die uitwerking van die Covid-19 pandemie.

Die maatskappy het ʼn moeilike eerste helfte van die jaar gehad, en ʼn verlies getoon weens die ernstige uitwerking van die korona virus gedurende die grendel tyd toe alles letterlik tot stilstand gedwing is.

Die finansiële stand tot en met einde Junie het getoon dat ʼn verlies van meer as R5.6 miljard gerealiseer het in die eerste ses maande van die boekjaar.

Ekonome waarsku dat daar talle soortgelyke verliese by baie ander instansies sal wees, en dat die gevaar bestaan dat n tweede pandemie die land weer tot stilstand kan ruk, wat talle maatskappye nie sal laat oorleef nie.