Nuwe skool opgerig in riool?

Drie jaar gelede is ʼn nuwe skool opgerig in Ekuthuleni, en alhoewel die Departement van Infrastruktuur Ontwikkeling ontken dat die skool in die vloei stroom van riool en ʼn vlei gebou is, toon foto’s die teendeel.

Die skool wat teen ʼn koste van meer as R80 miljoen gebou is, staan sedert die eerste dag na voltooiing, steeds onbenut.

Die Mayibuye Primary School in Tembisa is opgerig in ʼn vleiland waar water gedurende die reën seisoen vrylik vloei wat waarskynlik die hoofrede is waarom die geboue nou reeds vir drie jaar onbenut staan en verwaarloos.

ʼn Woordvoerder sê egter die ondersoek na die water het aan die lig gebring dat daar vroeër ʼn rioolstelsel was wat steeds water laat lek en wat herstel kan word om die probleem op te los.

ʼn Opvoedkundige het egter gevra waarom die probleem nie voor die gebou opgerig is, herstel nie, of selfs oorweeg het om die skool eerder op ʼn meer geleë plek te bou nie, maar geen reaksie is daarop ontvang nie en die R82 miljoen skool staan steeds onbenut.