Nuusflitse

Winnie Mandela

Die welbekende William Nicol Rylaan gaan nou vernoem word na die geskeide vrou van die terroris Mandela, oorlede Winnie Mandela. Waarnemers sê dit hou waarskynlik verband met Ramaphosa se uitlating dat meer naamsveranderings gedoen moet word \.

Mango vlieg nog

ʼn Woordvoerder van die Mango Redery sê die media het verkeerdelik berig, want die vlugte gaan onveranderd voort, en passasiers word aangeraai om eerder die Mango webblad te besoek om te bepaal watter vlugte van hulle voortgaan.

Kaping

Chaos het op die N3 geheers toe ʼn geld-wa deur kapers beroof is in die omgewing van Marlboro afrit by Johannesburg en die snelweg se bane is na weerskante gesluit, maar na elke rigting is slegs een baan oopgehou. Dit is onbekend hoeveel geld gesteel is.