Nuusflitse

Virus infeksies

Terwyl die wêreld se aantal nuwe infeksies steeds styg, is daar nou sterk aansprake dat die SA regering die maatreëls afskaal. Sommige sakelui reken dit het tyd geword om Vlak 1 ook uit te skakel en SA te laat terugkeer na die gewone leefwyse.

Staking

Meer as 3,000 begrafnis ondernemers dreig om te begin staak omdat die regering net van die heel grootste ondernemers gebruik maak om prominente persone se ter aarde bestelling te reël en te onderneem terwyl hulle dieselfde diens kan lewer as die kans gegun word.

Moordenaars

Die twee verdagtes wat beskuldig word van moord op die sakevrou, Lizette Deacon en haar moeder Hettie, is aangekeer in die Limpopo provinsie. Die twee mans, 30 en 35 jariges, is reeds vir meer as twee weke op vrye voet, maar dit lyk of die polisie die regte mense aangekeer het.