Noord-Korea skiet buurstaat burger dood

Die regering van Noord-Korea het erken dat hy verantwoordelik is vir die dood van ʼn Suid-Koreaanse regeringsamptenaar wat verlede week omgekom het toe hy geskiet is deur veiligheidsbeamptes van die kommunistiese staat.

Die kommunistiese leier, Kim Jong-Un het gesê die voorval moes nooit gebeur het nie, en sy verskoning daarvoor aangebied.

Aanvanklik het Noord-Korea geswyg toe die buurstaat beskuldigings geopper het oor die dood van die regerings beampte, maar verdoemende getuienis het Kim gedwing om ʼn amptelike erkenning te maak.

In kommentaar van die Suid-Koreaanse media, is gerapporteer dat Kim Jong-Un “groot jammer” uitgespreek het en die hoop uitgespreek dat die voorval nie die onderlinge vertroue tussen die twee state geskaad het nie.

Suid-Koreaanse militariste sê die regering se werknemer is deur die Noord-Koreaanse troepe geskiet, en daarna is die lyk verbrand en in die water gegooi.

Die beampte is glo naby die omstrede grens tussen die twee lande doodgeskiet, en die voorval is met opvallende swygsaamheid van die Suide se regering ontvang.

President Moon van die Suide het slegs gesê die voorval moes nie gebeur het nie, en moes later verneem dat die beampte tien keer geskiet is deur die kommuniste.