Nog arrestasies oor Polisie voertuig skema

Nog mense wat betrokke kan wees by die polisie voertuig bedrog skema is gearresteer nadat 15 mense aanvanklik gearresteer is by die R56 miljoen bedrog saak.

Aanvanklik is 15 mense in hegtenis geneem, sommige weer vrygelaat en ander het aansoek om borgtog gedoen.

Intussen het die Valke weer toegeslaan op verdagtes wat ook beskuldig word van bedrog, korrupsie en geldwassery.

Hierdie keer is drie mense, ʼn kolonel, asook n administratiewe personeellid van die polisie en ʼn burgerlike vasgetrek en sal die week in die hof verskyn.

Die vorige groep wat gearresteer is, sluit ondermeer ʼn afgetrede generaal en polisie beamptes in, en kort daarná het 5 persone hulle oorgegee aan die Valke eenheid wat met die ondersoek gemoeid is.