Niksbeduidende optrede oor Clicks

Adv. Madonsela

Die verskillende uitsprake oor wat reg en wat verkeerd is in die Clicks “hare debakel” is verwarrend as die regering se woordvoerders nie eenstemmig is nie.

Die uitspraak van die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela is waarskynlik die beste van wat gelewer is, want sy verklaar na alle verduidelikings gegee is, dat sy Clicks se kant van die saak steun.

Die een na die ander minister het ook standpunt ingeneem, maar praat nie eenders luidend nie.

Die een waarsku dat gewelddadige optrede nie toegelaat sal word nie, terwyl ooggetuies gesien het hoe die geweld in ʼn Clicks winkel “toegelaat” is.

Minister Mboweni het ook sy teenkanting teen die rooi bende se optrede uitgespreek, maar dit is waar alles eindig, sê waarnemers wat reken dit is geregverdig dat die vandale aan die pen ry.

Verskeie instansies is dit egter eens dat die breek, brand en ontwrig politiek vir niemand enige voordeel bring nie, en behoort deur die land se polisie en veiligheidsmagte gestop te word.